Roes (volk)

Die begrafnis van ’n Roes-leier, deur Henryk Siemiradzki (1883).

Die Roes (Ou Kerkslawies: Рѹ́сь; Russies, Oekraïens en Belarussies: Русь) was ’n volk wat vermoedelik van Skandinawië af gekom en op die handelsroetes tussen die Oos- en Swartsee plundertogte uitgevoer het.

Geleerdes meen hulle het hulle later in die Bo-Wolgastreek tussen Slawiese en Finse volke gevestig en ’n regerende elite gevorm wat pelse en slawe verruil het vir sy, silwer en ander gebruiksartikels wat in die ooste en suide van Europa beskikbaar was. In dié gebied het later die losse federasie Kiëf-Roes ontstaan.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search